Skool Profile
KennisKafee: Wetenskap
Welkom by my aanlyn klaskamer! Hier gesels ons lekker en leer saam. Weeklikse groepsklasse, plek vir vrae as jy vassit, en notas en eksamen-prep.
Welkom by KennisKafee โ jou aanlyn klaskamer vir Wetenskap. Dis โn plek vir lekker gesels, lag, vrae vra, en ook ernstig leer.
Kom loer in die klaskamer rond - daar is 'n gratis proeftydperk van 7 dae.
WAT IS BINNE DIE KLASKAMER? (NET R299/MAAND)
BY WIE LEER JY?
Ek is Febรฉ Meyer, โn wetenskaplike met 'n MSc in Biotegnologie, 'n tutor met 9+ jaar se ervaring en 'n professionele wetenskapskommunikeerder vir die laaste 14 jaar. Dis so lekker vir my om wetenskaplike konsepte eenvoudig te maak, en om wetenskap lekker te maak vir my leerlinge!
VIR WIE IS KENNISKAFEE?
KennisKafee is hier vir hoรซrskoolleerders wat Wetenskap beter wil verstaan, wil makliker en lekkerder leer, en punte in stand wil hou sonder die druk en hoรซ koste van individuele ekstra klasse.
Weeklikse aanlyn groepsklasse vir elke graad tydens die kwartaal (sien dit as hersieningsessies)
'n Plek om vrae te vra en hulp te kry
BONUS: Notas, opsommings, flitskaarte, breinkaarte, en video's word weekliks opgelaai